Berril von Amburg
![]() |
Berril von Amburg het haar eerste CD getiteld, “Mooi Is Die Lewe” opgeneem in 2000.
‘n Jaar later word haar tweede CD, “Magic Love” uitgegee en ongeveer in dieselfde tyd het sy en twee ander kunstenaars ‘n produksie “Verlore Is Ons Nie” vrygestel ten bate van Casa Caritas, Huis van Verstandelik Gestremdes in Kempton Park.
In 2003 stel sy haar eerste Country Gospel kompakte skyf “My Tribute To The King” vry.
![]() | |
In 2006 word Berril se eerste musiekvideo “Wil Jy Of Wil Jy Nie” opgeneem en dit was ook die titelsnit van haar opvolg CD. Hierdie opname is ‘n kombinasie van opgewekte en tradisionele Afrikaanse musiek asook kontemporêr en ‘n Country aanslag is onmiskenbaar ook deel daarvan. Die CD word afgesluit met ‘n baie gewilde Country Gospel liedjie.
Berril is gebore in Bellville, Kaapstad. Op die vroeë ouderdom van 15 sterf haar Moeder in ‘n motorongeluk. Bevoorreg om ouers te kon hê wat nie net betrokke was in die Musiekbedryf nie, maar ook ‘n voorliefde gehad het daarvoor, het Berril menige optredes as kind saam met haar oorlede Pa bygewoon en op die manier die musiekbedryf leer ken.
![]() |
Na haar Ma se afsterwe, het Berril en haar jonger suster saam met haar Pa gewoon in Hartenbos vanwaar Berril gematrikuleer en in 1984 by die Polisie aangesluit het in die Speurafdeling en Teeninsurgensie Eenheid.
Twee jaar later word Berril in die huwelik bevestig en tydens haar eerste swangerskap sterf haar pa. Tien jaar en twee kinders later, eindig die huwelik in die egskeidingshof.
![]() |
Na vyf jaar diens in die Suid-Arikaanse Polisie het Berril haar ontslag gekoop en haar studies in die regte en teologie voorgesit, en as ‘n Pinkster Predikant gekwalifiseer.
Berril se twee kinders, Irvin en Tanya, doen vandag die klank met haar optredes asook vir baie ander hoë profiel kunstenaars. Dit is ‘n tipe werk wat hulle baie geniet, veral as daar ‘n groep kunstenaars is met wie hulle die land vol toer.
Berril geniet haar werk as compère en aanbieder en ook om nuwe sangtalent te ontgin. As ‘n gepubliseerde skrywer onder kontrak het sy in samewerking met Pierre du Plessis vier oorspronklike liedjies geskryf wat sy op haar nuutste CD “Wil Jy Of Wil Jy Nie” opgeneem het.
![]() |
Hierdie Country Sangeres se veelsydigheid wy ook uit na die skryf van radio dramas en draaiboeke vir die silwerdoek en sy het ‘n spesiale passie vir Country Musiek.
Berril is ook ‘n direkteur van ‘n Werwingsmaatskappy in Johannesburg en die aanbieder van World Of Country.com






