Billy Forrest
![]() |
Die SARIE Wenner en Country Musiek superster, het homself die afgelope 40 jaar gevestig in die hart van die Musiek industrie in Suid-Afrika.
Billy se pad na roem het begin in 1960 met sy nasionale toer saam met The Giants, Mickie Most en wyle Gene Vincent. Na hierdie geslaagde toer, het die Giants hulle debut album opgeneem, "Meet the Giants".
In 1963 stel Billy Don’t Let Me Cross Over, 500 Miles Away from Home en Miller’s Cave vry. In 1964 kom Billy se deurbraak met Hello Operator wat opskiet in die Treffersparade en hom sy eerste goue album besorg asook die SARIE Toekenning in 1965 vir Top Male Vocalist in die Country en Western genre.
Een van die mees suksesvolle musiekgroepe volg, nadat Billy Forrest met Billy Andrews, Dream Merchants begin. “Love Minus Zero" en "Land of 1000 Dances" volg tesame met "Land of Milk and Honey" asook hulle mees populere album, "Predictions and Things". In 1990 is hulle album, "Dream On" bekroon as album van die jaar.
In 1984 is Billy se album, "My Kinda Country" genomineer vir beide ‘n SARIE en ‘n OK Soho Toekenning wat hy dan ook gewen het in die Country Musiek afdeling. Kort hierna volg die vrystellings, "Wings of a Dove", "Whispering Hope" en "Waters of Life" (met Joanna Field).
Billy Forrest was ‘n stigterslid van Over the Hillbillies, tesame met Lance James, Sally Vaughn, Joanna Field en Clive Bruce. Hulle eerste twee suksesvolle albums is, Friends Forever en OTH. In 1991 stel Over the Hillbillies hulle topverkoper, Dance with Me Darling vry.
Billy is steeds besig met optredes en nog die liefling van Country musiek in Suid-Afrika en waarlik ‘n Country Legend duisend.


